2 Chronicles 36:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jojakim was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jojakim was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en het elf jaar in Jerusalem regeer. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here sy God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vyf en twintig jaar was Jojakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God. |
| Afrikaans 1983 | Jojakim was vyf en twintig toe hy koning geword het en het elf jaar in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here sy God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jojakim was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here sy God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jojakim was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was elf jaar lank koning in Jerusalem. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jojakim was 25 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het elf jaar lank in Jerusalem regeer. Die Here was nie tevrede met wat Jojakim gedoen het nie. |