2 Chronicles 36:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Egipte het sy broer Eljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam verander na Jojakim. En Nego het sy broer Jóahas geneem en hom na Egipte gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning van Egipte het Eljakim, broer van Joahas, as die nuwe koning van Juda en Jerusalem aangestel. Hy het ook die naam van Eljakim verander na Jojakim. Neko het Joahas as gevangene na Egipte toe geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die koning van Egipte sy broer Âljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam verander in Jojakim; maar Nego het sy broer Joahas saamgeneem en hom na Egipte gebring. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die Egiptiese koning vir Eljakim, Joahas se broer, koning gemaak oor Juda en Jerusalem, en sy naam verander na Jojakim. Neko het vir Joahas, Jojakim se broer, saamgevat Egipte toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Egipte het toe Eljakim, sy broer, koning gemaak oor Juda en Jerusalem. Hy het sy naam verander na Jojakim. Nego het sy broer Jehoagas weggevat en hom na Egipte geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Egipte het Joahas se broer Eljakim koning gemaak van Juda en van Jerusalem en hy het Eljakim se naam verander, die koning het vir hom die naam Jojakim gegee. Neko het Jojakim se broer Joahas na Egipte geneem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Egiptiese koning het toe sy broer Eljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam na Jojakim verander. Hy het Joahas as gevangene saamgevat Egipte toe. |