2 Chronicles 36:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en hy het my bevel gegee om vir hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Wie is daar onder julle van al sy volk? Die HERE sy God wees met hom, en laat hom optrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is wat koning Kores van Persië sê: Die Here, die God van die hemel, het al die koninkryke op die aarde aan my gegee. Hy het my aangestel om vir Hom ’n tempel in Jerusalem in Juda te bou. Elkeen van julle wat deel is van sy volk, mag teruggaan. Mag die Here met hom wees.
Afrikaans 1933/1953 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee, en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort -- mag die HERE sy God met hom wees, en laat hom optrek!
Afrikaans 1983 “Koning Kores van Persië maak bekend: Die Here, die God van die hemel, het al die koninkryke van die aarde aan my gegee. Hy het my beveel om vir Hom 'n tempel in Jerusalem in Juda te bou. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort, kan teruggaan, en mag die Here sy God by hom wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “So sê Kores, koning van Persië, ‘Al die koninkryke op aarde het die Here, die God van die hemel, aan my gegee. Hy is die Een wat dit aan my opgedra het om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigiemand onder julle uit enige deel van sy volk – die Here sy God is met hom – laat hy optrek!’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Koning Kores van Persië sê: Die Here, die God van die hemel, het vir my al die lande op die aarde gegee en Hy het vir my gesê ek moet 'n tempel laat bou in die stad Jerusalem in die land Juda. Enige iemand van julle wat aan die volk van die Here behoort, mag teruggaan na Jerusalem. Ek bid dat sy God die Here by hom sal wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “’n Boodskap van koning Kores van Persië: Die Here, die God van die hemel, het alle koninkryke op aarde in my hande gegee. Hy het vir my die werk gegee om vir Hom ’n tempel in Jerusalem wat in Juda is, te bou. Enigiemand wat deel is van sy volk, mag teruggaan vir dié werk. Mag die Here julle God by julle wees!”