2 Chronicles 36:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, sodat die woord van die HERE wat deur die mond van Jeremia gespreek is, vervul sou word, het die HERE die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n uitroep in sy hele koninkryk gemaak het, en stel dit ook op skrif en sê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die eerste jaar van koning Kores van Persië het die Here die profesie van Jeremia vervul. Hy het koning Kores van Persië aangespoor om ’n proklamasie uit te vaardig, dit skriftelik te doen en deur sy hele koninkryk te stuur. Dit het soos volg gelui: |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE -- sodat die woord van die HERE deur die mond van Jerem¡a in vervulling sou gaan -- die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê: |
| Afrikaans 1983 | In die eerste regeringsjaar van koning Kores van Persië is die belofte vervul wat die Here by monde van Jeremia gegee het: die Here het dit bewerk dat koning Kores van Persië besluit het om dwarsoor sy ryk 'n proklamasie te laat afkondig. Die proklamasie, wat ook skriftelik was, het soos volg gelui: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die eerste regeringsjaar van Kores, die koning van Persië, het die Here die gees van Kores, koning van Persië, aangevuur. Dit het Hy gedoen om sy woord, aangekondig by monde van Jeremia, te vervul. Hy het 'n boodskap dwarsdeur sy hele koninkryk gestuur en dit selfs op skrif gestel: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was in die eerste jaar nadat Kores die koning van Persië geword het. Die Here het voorheen vir Jeremia gestuur en gesê wat sal gebeur. Dit het nou gebeur. Die Here het vir Kores laat besluit om 'n boodskap te stuur na al die mense wie se koning hy was. Die boodskap was ook in briewe wat hy gestuur het. Hy het gesê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In koning Kores van Persië se eerste regeringsjaar het die Here nog ’n voorspelling van Jeremia waar laat word. Die Here het Kores beweeg om ’n koninklike boodskap deur die hele land te stuur. |