2 Chronicles 36:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Om die woord van die HERE deur die mond van Jeremia te vervul totdat die land sy sabbatte geniet het;
Afrikaans (NLV) 2011 So is die boodskap van die Here vervul wat deur Jeremia gebring is. Die land het ’n sabbatsrus beleef toe dit 70 jaar lank ontvolk was soos die profeet gesê het.
Afrikaans 1933/1953 sodat die woord van die HERE deur die mond van Jerem¡a vervul sou word: totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.
Afrikaans 1983 So is die woord van die Here vervul wat deur middel van Jeremia gekom het. Die ballingskap het aangehou totdat die land vir sy sabbatsjare vergoed is. Die hele tyd dat die land woes gelê het, het dit 'n sabbatsrus geniet, 'n volle sewentig jaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het gebeur, sodat die woord van die Here, aangekondig by monde van Jeremia, vervul is. Totdat die land sy verlore Sabbatsjare ingehaal het, het dit gerus, die hele tyd wat dit onbewerk gelê het, om die profesie van sewentig jaar te vervul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So het gebeur wat die Here gesê het toe Hy die profeet Jeremia gestuur het. Die Here het gesê: “Die land sal verwoes bly totdat genoeg Sabbatdae verbygegaan het. Dit sal een lang rustyd van 70 jaar word.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe dit gebeur het, het ’n boodskap van die Here wat deur Jeremia oorgedra is, waar geword: “Die land het uiteindelik sy sabbatsrus geniet toe hy vir 70 jaar verlate was.”