2 Chronicles 36:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wat van die swaard ontvlug het, het Hy na Babel weggevoer; waar hulle dienaars van hom en sy seuns was tot die regering van die koninkryk van Persië.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal wat ontkom het aan die swaard, is na Babel toe geneem. Hulle het slawe van die koning en sy seuns geword totdat die Perse die mag oorgeneem het.
Afrikaans 1933/1953 En die wat van die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het,
Afrikaans 1983 Almal wat nie doodgemaak is nie, is na Babel toe weggevoer, waar hulle die koning van Babel en sy seuns se onderdane was totdat die Perse die bewind oorgeneem het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het dié wat oorgebly het ná die gevegte, in ballingskap weggevoer na Babilonië, waar hulle slawe was vir hom en sy nageslag, totdat die koninkryk van Persië aan die bewind gekom het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nebukadnesar het die mense wat hy nie doodgemaak het nie, gevang en weggevat na Babel. Hulle was slawe vir hom en vir die konings ná hom totdat die konings van Persië begin het om te regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nebukadnesar het die mense wat nie doodgemaak is nie, na Babel toe weggevat. Hulle moes as slawe vir hom en sy seuns gaan werk. Dit het aangehou totdat die koninkryk van Persië die Babiloniërs verslaan het.