2 Chronicles 36:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem afgebreek en al die paleise daarvan met vuur verbrand en al sy mooi voorwerpe vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die tempel van God aan die brand gesteek, die mure van Jerusalem afgebreek en die paleise verband, en elke ding van waarde vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hulle die tempel afgebrand, die muur van Jerusalem afgebreek, al die beste huise afgebrand en alles wat van waarde was, verwoes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die huis van God afgebrand, die stadsmure van Jerusalem afgebreek, al die stad se vestings verbrand en so alle kosbare voorwerpe daarin vernietig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die tempel afgebrand en hulle het die muur van die stad Jerusalem afgebreek. Hulle het die mooi huise afgebrand en hulle het alles verwoes wat kosbaar is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het hy die tempel van God aan die brand gesteek, die stadsmuur van Jerusalem afgebreek en al die deftige huise in die stad afgebrand. So is alles wat waardevol was, vernietig. |