2 Chronicles 36:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die koning en van sy vorste; dit alles het hy na Babel gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het al die voorwerpe in die tempel van God, groot en klein, die skatte van die Here se tempel en die skatte in die koninklike paleis en sy amptenare weggevat na Babel toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die koning en van sy vorste, alles het hy na Babel gebring. |
| Afrikaans 1983 | Alles wat in die tempel was, of dit groot was of klein, die skatte van die huis van die Here, van die koning en sy amptenare, alles het hy na Babel toe gevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die toebehore in die huis van God, groot en klein, die skatte van die huis van die Here en van die koning en sy •hoë amptenare, alles het hy na Babel geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nebukadnesar het al die goed in die tempel na Babel geneem, die groot goed en klein goed, en ook alles in die stoorkamers van die tempel en in die stoorkamers van die koning en sy amptenare. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nebukadnesar het alles wat in die tempel gebruik is, vir homself gevat. Hy het ook al die skatte wat in die Here se tempel, die koning se paleis en in die hoë amptenare se besit was, vir hom gevat. |