2 Chronicles 36:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het hy die koning van die Chaldeërs oor hulle gebring, wat hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle heiligdom gedood het, en hy het geen medelye gehad met die jongman of die meisie, die ou man of hom wat vanweë die ouderdom gebuk gegaan het nie; hy het hulle almal gegee in sy hand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het die koning van die Galdeërs teen hulle laat optrek. Hy het hulle jong mans in die heiligdom met die swaard afgemaai, en geen genade aan jong man of jong meisie, bejaardes of verswaktes betoon nie. God het hulle almal in Nebukadnesar se mag oorgegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Hy dan die koning van die Chaldeërs teen hulle laat optrek, en die het hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle heiligdom gedood en geen jongman of jongmeisie, oue of gryse, verskoon nie: Hy het alles in sy hand gegee. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het die koning van die Galdeërs teen hulle laat optrek, en dié het die jongmanne van Juda doodgemaak binne in die heiligdom en nie jongman of meisie, grysaard of invalide ontsien nie. Die Here het almal in die mag van die koning van Babel gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God het die koning van die Galdeërs teen hulle laat optrek. Hy het hulle jong manne binne-in hulle heiligdom met die swaard doodgemaak. Hy het geen jong man of maagd, oumens of verswakte gespaar nie. Almal is in sy hand gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het die koning van die Galdeërs gestuur om die mense van Juda aan te val. Hy het hulle jongmanne by hulle gewyde tempel doodgemaak. Hy het niemand vry laat wegkom nie, hy het die jongmanne en jongmeisies, die oumense en swak mense en siek mense doodgemaak. Die Here het hulle almal vir Nebukadnesar gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het toe die koning van Babel gebruik om die mense van Juda te straf. Die Babiloniërs het die jongmans van Juda doodgemaak, selfs binne-in die tempel. Hulle het niemand oorgesien nie, geen jongmens nie. Nie eers die oumense is gespaar nie. Die Here het hulle almal in die hande van die koning van Babel oorgelaat. |