2 Chronicles 36:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle het die boodskappers van God gespot en sy woorde verag en sy profete misbruik totdat die toorn van die HERE teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing was nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | maar hulle het met die boodskappers van God gespot, sy woorde geminag en sy profete uitgelag totdat die woede van die Here teen sy volk ontbrand het en daar vir hulle nie meer genesing was nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde verag en met sy profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie. |
| Afrikaans 1983 | maar hulle het die boodskappers van God uitgelag, sy woorde geminag en sy profete gespot totdat die toorn van die Here oor sy volk losgebreek het. Die straf was onherroeplik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het egter telkens die gek geskeer met die boodskappers van God en sy woorde versmaai, terwyl hulle met sy profete die spot gedryf het, totdat die Here se woede teen sy volk opgelaai het, totdat geen herstel meer moontlik was nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hulle het gelag vir die boodskappers van God. Hulle het gedink God se boodskappe is nie belangrik nie, hulle het sy profete gespot. Die Here het later so kwaad geword vir sy volk dat Hy hulle nie weer wou red nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die mense het die boodskappers afgelag en hulle boodskappe verwerp. Hulle het die profete bespot totdat die Here só kwaad was dat Hy besluit het om hulle swaar te straf. |