2 Chronicles 36:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE, die God van hulle vaders, het na hulle gestuur deur sy boodskappers, betyds opgestaan en gestuur; omdat Hy hom ontferm het oor sy volk en oor sy woonplek;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here die God van hulle voorouers het herhaaldelik sy profete gestuur om hulle te waarsku, want Hy het medelye gehad met sy volk en sy woning,
Afrikaans 1933/1953 En die HERE, die God van hulle vaders, het vroeg en laat na hulle gestuur deur die diens van sy boodskappers; want Hy het medelyde met sy volk en met sy woning gehad.
Afrikaans 1983 Die Here die God van hulle voorvaders het voortdurend aan hulle sy wil bekend gemaak deur middel van sy boodskappers, want Hy was begaan oor sy volk en sy woning,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here, die God van hulle voorouers, het telkens weer aan hulle boodskappe gestuur by monde van sy boodskappers, want Hy het omgegee vir sy volk en sy woonplek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, die God van hulle voorvaders, het aangehou om sy boodskappers na hulle toe te stuur, want Hy wou graag genadig wees vir sy volk en sy woonplek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here hulle God het keer op keer weer profete na hulle toe gestuur om hulle te waarsku, want Hy was jammer vir sy volk en vir sy tempel.