2 Chronicles 36:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het al die priesterhoofde en die volk baie oortree volgens al die gruwels van die heidene; en die huis van die HERE wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die leiers van die priesters en die volk het al meer ontrou geword. Hulle het die heidense praktyke van die omringende nasies gevolg en die tempel van die Here in Jerusalem, wat Hy geheilig het, ontheilig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook al die owerstes van die priesters en die volk het baie ontrou gehandel, volgens al die gruwels van die heidene, en die huis van die HERE wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig. |
| Afrikaans 1983 | Al die leiers van die priesters en die volk het ook weer in groot troueloosheid verval na die voorbeeld van die afskuwelike optrede van die heidennasies, en hulle het die huis van die Here wat Hy in Jerusalem geheilig het, ontwy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook al die leiers van die priesters en die volk het, in navolging van die afstootlike gebruike van die nasies, al hoe meer ontrou opgetree. Hulle het die huis van die Here wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers van die priesters en die volk het meer en meer ontrou geword aan die Here, hulle het gedoen soos die ander volke, hulle het dinge gedoen wat die Here haat. Hulle het die tempel in Jerusalem ontwy, die tempel wat die Here aan Homself gewy het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die leiers van die priesters en die volk was ook ongehoorsaam aan die Here. Hulle het ander volke se godsdienstige gebruike aangehang en die Here se tempel onrein gemaak met al hulle sondes. |