2 Chronicles 36:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het ook in opstand gekom teen koning Nebukadnésar, wat hom by God laat sweer het;
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook teen koning Nebukadnesar in opstand gekom al het hy ’n eed van getrouheid voor God afgelê. Sedekia was hardkoppig en onversetlik en het geweier om terug te draai na die Here die God van Israel.
Afrikaans 1933/1953 En hy het ook gerebelleer teen koning Nebukadn,sar wat hom by God laat sweer het; maar hy was hardnekkig en het sy hart verhard, sodat hy hom nie tot die HERE, die God van Israel, bekeer het nie.
Afrikaans 1983 Ook teen koning Nebukadnesar, aan wie hy voor God trou gesweer het, het hy hom verset. Hy was koppig en onversetlik in sy weiering om hom tot die Here die God van Israel te bekeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs teen koning Nebukadnesar, wat hom by God 'n eed laat aflê het, het hy in opstand gekom. Hy was hardnekkig en het sy hart verhard, en nie na die Here, die God van Israel, teruggekeer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het belowe dat hy sal doen wat koning Nebukadnesar sê en hy het gesê God moet die getuie wees, maar hy was opstandig teen Nebukadnesar. Sedekia was hardkoppig, hy wou nie sy lewe verander en terugkom na die Here, die God van Israel, nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sedekia het ook teen Nebukadnesar in opstand gekom, selfs al het hy in die Here se Naam gesweer dat hy aan Nebukadnesar getrou sou wees. Sedekia was hardkoppig. Hy het volstrek geweier om hom aan die Here, Israel se God, te onderwerp.