2 Chronicles 36:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God en hom nie verneder voor die profeet Jeremia wat uit die mond van die HERE gespreek het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here sy God en het nie berou gehad toe Jeremia die profeet die woorde van die Here verkondig het nie.
Afrikaans 1933/1953 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God; hy het hom nie verootmoedig nie voor Jerem¡a, die profeet, wat gespreek het uit die mond van die HERE.
Afrikaans 1983 Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here sy God. Hy het nie berou getoon toe die profeet Jeremia hom op bevel van die Here aangespreek het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here sy God. Hy het hom nie verootmoedig voor Jeremia, die profeet, wat die mondstuk van die Here was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het dinge gedoen waarvan sy God die Here nie hou nie, en hy het homself nie verneder toe die profeet Jeremia vir hom gesê het wat die Here sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here was nie tevrede met wat Sedekia gedoen het nie. Hy het geweier om na die profeet Jeremia, wat namens God gepraat het, te luister.