2 Chronicles 36:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die jaar verby was, het koning Nebukadnésar gestuur en hom na Babel gebring, met die pragtige voorwerpe van die huis van die HERE, en sy broer Sedekia koning gemaak oor Juda en Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011 In die lente het koning Nebukadnesar hom laat haal. Hulle het ook baie kosbare voorwerpe uit die tempel van die Here geneem en dit na Babel toe gebring. Hy het Sedekia, die oom van Jojagin, oor Juda en Jerusalem koning gemaak.
Afrikaans 1933/1953 By die wisseling van die jaar het koning Nebukadn,sar gestuur en hom na Babel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van die HERE, en sy broer Sedek¡a koning oor Juda en Jerusalem gemaak.
Afrikaans 1983 Met die wisseling van die jaar het koning Nebukadnesar hom na Babel toe laat haal saam met die kosbare goed in die huis van die Here, en sy broer Sedekia koning oor Juda in Jerusalem gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teen die jaarwending het koning Nebukadnesar mense gestuur, en hy het hom na Babel laat neem, saam met kosbare voorwerpe uit die huis van die Here. Hy het toe sy broer Sedekia koning gemaak oor Juda en Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe dit lente was, het koning Nebukadnesar gesê hulle moet vir Jojagin gaan haal en na Babel bring. Hulle moet ook die kosbare goed van die tempel saambring. Nebukadnesar het toe vir Sedekia, Jojagin se broer, koning gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die lente van die volgende jaar het Nebukadnesar hom na Babel toe laat bring. ’n Klomp van die kosbare voorwerpe van die Here se tempel is toe ook na Babel toe weggevat. Nebukadnesar het Jojagin se broer Sedekia koning van Juda en Jerusalem gemaak.