2 Chronicles 35:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy vorste het gewillig aan die volk, aan die priesters en aan die Leviete gegee: Hilkía en Sagaria en Jehiël, owerstes van die huis van God, het aan die priesters vir die paasoffers twee duisend seshonderd kleinvee en driehonderd gegee asook osse. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning se amptenare het ook vrywillig voorsien vir die volk, die priesters en Leviete. Gilkija, Sagaria en Jegiël, die hoofde van die tempel van God, het vir die priesters 2 600 skaaplammers en boklammers, asook 300 beeste as paasoffers gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook sy vorste het aan die volk, aan die priesters en die Leviete vrywillig afgegee. Hilk¡a en Sagar¡a en J,hiël, die vorste oor die huis van God, het aan die priesters as paasoffers twee duisend ses honderd stuks kleinvee en drie honderd beeste gegee. |
| Afrikaans 1983 | Sy amptenare het vrywillig voorsiening help maak vir die volk, die priesters en die Leviete. Gilkija, Sagaria en Jegiël, die hoofde van die tempel, het as paasoffers vir die priesters twee duisend ses honderd lammers en drie honderd beeste geskenk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy •hoë amptenare het vrywillig aan die volk, die priesters en die Leviete offerdiere afgestaan. Gilkija, Sagaria en Jegiël, leiers in die huis van God, het vir die priesters as Pasgaoffer tweeduisend seshonderd gegee; en dan ook nog driehonderd beeste. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy amptenare het self besluit om diere vir die volk en vir die priesters en die Leviete te gee. Die hoofde van die tempel was Gilkija, Sagaria en Jegiël. Hulle het 2 600 paas-lammers en 300 beeste vir die priesters gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy hoë amptenare het ook vrywillig bygedra, sodat die gewone mense, die priesters en die Leviete paasfees kon vier. Gilkija, Sagaria en Jegiël, die hoofde van die tempel, het 2 600 stuks kleinvee en 300 beeste as paasoffers vir die priesters gegee. |