2 Chronicles 35:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josía het aan die volk, van die kleinvee, lammers en bokkies gegee, alles vir die paasoffers, vir almal wat teenwoordig was, vir die getal van dertigduisend en drieduisend bulle; dit was van die besitting van die koning. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josia self het 30 000 skaaplammers en boklammers vir die volk se Paasfees gegee en ook nog 3 000 beeste uit die koninklike kudde. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jos¡a het aan die mense uit die volk afgegee kleinvee, skaaplammers en boklammers, dit alles as paasoffers, aan almal wat daar aanwesig was, dertig duisend in getal, en drie duisend beeste; dit was uit die besitting van die koning. |
| Afrikaans 1983 | Josia het self die kleinvee, die skaaplammers en boklammers, dertig duisend stuks, vir die lede van die volk voorsien, die paasoffers vir almal wat daar was, en ook nog drie duisend beeste. Dit het gekom uit die persoonlike besit van die koning. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josia het aan die gewone mense skaap- en boklammers afgestaan, alles as •Pasgaoffer vir almal wat daar teenwoordig was, 'n getal van dertigduisend, en dan ook nog drieduisend beeste. Dit was uit die private besit van die koning. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josia het self die paas-lammers vir die Israeliete gegee, vir almal wat daar was. Dit was 30 000 skaap-lammers en bok-lammers. Hy het ook 3 000 beeste gegee. Dit was alles van die koning se eie skape en bokke en beeste. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josia het vir die gewone mense wat die paasfees kom vier het skaap- en boklammers gegee om as offers te gebruik. Hy het uit sy eie kuddes 30 000 stuks kleinvee en 3 000 beeste aan die mense voorsien. |