2 Chronicles 35:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En staan in die heiligdom volgens die afdelings van die families van die vaders van julle broers, die volk, en volgens die afdelings van die families van die Leviete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan staan dan in julle aangewese plekke in die heiligdom. Daar moet vir elke familiegroep van julle volksgenote ’n familie-afdeling Leviete wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | gaan staan in die heiligdom volgens die afdelings van die families van julle broers, die volksgenote, naamlik vir elkeen daarvan 'n afdeling van 'n Levitiese familie; |
| Afrikaans 1983 | Neem dan julle plek in die heiligdom in: vir elke familiegroep van julle volksgenote moet daar 'n familieafdeling Leviete wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Staan julle nou, elke groep van die Levitiese families, volgens die indeling in families, in die heiligdom gereed vir julle volksgenote, die gewone mense. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet by die tempel gaan staan. Daar moet 'n groep Leviete wees by elke groep van die families van die volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan staan op die plekke in die heiligdom wat aan julle toegewys is. Help die mense vir wie julle verantwoordelik is, wanneer hulle hulle offers na die tempel bring. |