2 Chronicles 35:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En maak julle gereed volgens die huise van julle vaders, volgens julle afdelings, volgens die geskrif van Dawid, die koning van Israel, en volgens die geskrif van sy seun Salomo.
Afrikaans (NLV) 2011 Meld aan vir diens volgens die familiegroepe van julle voorouers. Volg die geskrewe voorskrifte van koning Dawid van Israel en die voorskrifte van sy seun Salomo.
Afrikaans 1933/1953 en hou julle gereed volgens julle families, volgens julle afdelings, ooreenkomstig die voorskrif van Dawid, die koning van Israel, en die verordening van sy seun Salomo:
Afrikaans 1983 Orden julleself familiegewys volgens afdelings soos dit bepaal is in die handleidings van koning Dawid van Israel en sy seun Salomo.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hou julle in julle families en afdelings gereed, soos Dawid, koning van Israel, dit beskryf het en volgens die geskrewe opdragte van sy seun Salomo.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle families moet gereedmaak, julle moet saam in julle groepe werk, soos koning Dawid van Israel en sy seun Salomo geskryf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Meld aan vir diens volgens julle diensgroepe soos koning Dawid dit laat opskryf het en volgens Salomo se voorskrifte.