2 Chronicles 35:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jeremia het oor Josia geweeklaag, en al die sangers en sangers het van Josia gespreek in hulle klaagliedere tot vandag toe en vir hulle 'n insetting in Israel gemaak; en kyk, dit is in die klaagliedere beskrywe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die profeet Jeremia het treurliedere oor Josia geskryf. Al die sangers en sangeresse het treurliedere oor Josia gesing. Tot vandag toe word die treurliedere nog gesing. Dit het ’n gebruik geword in Israel en is opgeteken in Die boek van treurliedere. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jerem¡a het 'n klaaglied op Jos¡a gedig, en al die sangers en sangeresse het in hulle klaagliedere van Jos¡a gespreek tot vandag toe en dit tot 'n insetting in Israel gemaak; en kyk, dit is beskrywe in die Klaagliedere. |
| Afrikaans 1983 | Jeremia het 'n treurlied oor Josia gedig, en al die sangers en sangeresse het oor Josia gesing in hulle treurliedere. Dit word nou nog gedoen, dit het 'n gebruik in Israel geword. Die liedere is opgeteken in Die Treurliedere. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jeremia het 'n treurlied oor Josia gedig. Al die sangers en sangeresse dra dit vandag nog voor in hulle treurliedere oor Josia. Dit het 'n instelling geword in Israel. Kyk, dit is opgeteken in die Treurliedere. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jeremia het 'n klaaglied gemaak oor Josia, en tot vandag toe sing die mans en vroue wat sing, klaagliedere oor Josia. Hulle het gesê die Israeliete moet dit altyd doen. Die liedere is geskryf in Die Treurliedere-boek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jeremia het ’n treurlied oor Josia geskryf. Al die sangers en sangeresse sing tot vandag toe oor Josia in hulle treurliedere. Die liedere is in ’n bundel getiteld Die Treurliedere opgeneem. |