2 Chronicles 35:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het sy dienaars hom uit daardie wa gehaal en hom op die tweede wa wat hy gehad het, gesit; en hulle het hom na Jerusalem gebring, en hy het gesterwe en is begrawe in een van die grafte van sy vaders. En die hele Juda en Jerusalem het oor Josia getreur.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het hom uit sy strydwa gehaal, in ’n ander strydwa gesit en hom teruggebring na Jerusalem toe. Daar het hy gesterf. Hy is in die familiegraf begrawe. Die hele Juda en Jerusalem het oor hom getreur.
Afrikaans 1933/1953 Sy dienaars bring hom toe van die strydwa af weg en laat hom op sy tweede wa ry en vervoer hom na Jerusalem; en hy het gesterwe en is begrawe in die grafte van sy vaders, terwyl die hele Juda en Jerusalem oor Jos¡a gerou het.
Afrikaans 1983 Hulle het hom van die strydwa afgehaal, hom op 'n ander wa gesit en hom na Jerusalem toe gebring. Hy is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf. Die hele Juda en Jerusalem het oor Josia getreur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy dienaars het hom van die strydwa afgehaal en hom op die tweede wa wat hy gehad het, vervoer. Hulle het hom na Jerusalem geneem. Hy het gesterf en is in die grafte van sy voorouers begrawe. Die hele Juda en Jerusalem het oor Josia getreur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die offisiere het vir Josia afgehaal van die oorlogkar en hulle het hom laat ry op 'n ander oorlogkar. Hulle het hom na Jerusalem gebring. Hy het gesterf, en hulle het hom begrawe in die graf van sy voorvaders. Al die mense van Juda en Jerusalem het gerou oor Josia.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy lyfwagte het hom uit sy strydwa gehelp, hom in ’n ander een gesit en met hom Jerusalem toe gejaag. Josia is egter aan sy wonde dood. Hy is in die koninklike begraafplaas van Jerusalem begrawe. Al die mense van Juda en Israel het oor Josia se dood getreur.