2 Chronicles 35:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Josia wou sy aangesig nie van hom afdraai nie, maar het hom vermom om teen hom te veg, en het nie geluister na die woorde van Nego uit die mond van God nie, en hy het gekom om te veg in die dal Megiddo. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josia wou egter nie omdraai nie, maar het homself vir die geveg vermom. Hy wou nie luister na die waarskuwing wat Neko op God se bevel gegee het nie. In die vlakte van Megiddo het hy die geveg begin. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jos¡a het egter sy gesig nie van hom afgewend nie, maar homself onkenbaar gemaak om teen hom te veg; hy het nie geluister na die woorde van Nego uit die mond van God nie, en aangekom om te veg in die laagte van Meg¡ddo. |
| Afrikaans 1983 | Josia het Neko egter nie met rus gelaat nie. Hy het hom vermom met die oog op die geveg en nie geluister na wat Neko op bevel van God self gesê het nie. Hy het vir Neko in die Megiddovlakte gaan aanval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josia het egter nie van hom weggedraai nie, maar vir die geveg met hom het hy homself vermom. Hy het nie geluister na die woorde van Nego uit die mond van God nie. Hy het in die vlakte van Megiddo aangekom om te veg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Josia het nie vir Neko gelos nie. Josia het vir Neko gewag om teen hom oorlog te maak. God het vir Neko gesê wat hy moet sê, maar Josia het nie geluister na Neko nie. Josia het teen Neko oorlog gaan maak in die Megiddo-vallei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josia wou egter nie na Neko luister en terugdraai nie, al was dit God self wat met Neko gepraat het. Hy het Neko in die Megiddovlakte aangeval. |