2 Chronicles 35:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy het boodskappers na hom gestuur om te sê: Wat het ek met jou te doen, koning van Juda? Ek kom nie vandag teen jou nie, maar teen die huis waarmee ek oorlog voer; want God het my beveel om gou te maak; weerhou jou daarvan om met God wat by my is, te bemoei, dat Hy jou nie vernietig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar koning Neko het vir hom die volgende boodskap gestuur: “Daar is tog geen geskil tussen ons nie, koning van Juda! Ek wil nie vandag teen jou veg nie, maar net teen die huis met wie ek oorlog voer. God het gesê ek moet gou maak! Moenie inmeng met God wat met my is nie, want Hy sal jou vernietig.”
Afrikaans 1933/1953 Toe stuur hy boodskappers na hom om te sê: Wat het ek met jou te doen, koning van Juda? Ek kom nie vandag teen jou nie, maar teen die huis wat gedurig teen my oorlog voer; en God het gesê ek moet gou maak. Verset jou nie teen God wat met my is, dat Hy jou nie vernietig nie.
Afrikaans 1983 en Neko het met boodskappers vir hom laat weet: “Ons het niks teen mekaar nie, koning van Juda! My veldtog is dié keer nie teen jou nie, maar teen 'n vyand. God het gesê ek moet gou maak. Moenie in God se pad kom nie. Hy is by my en Hy sal jou vernietig.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nego het boodskappers na hom gestuur om te sê: “Wat het jy teen my, koning van Juda? Dit is nie teen jou wat ek vandag optrek nie, maar teen 'n koningshuis met wie ek in oorlog verkeer. Dit is God wat gesê het ek moet gou maak. Bly jy weg van God, wat met my is, dat Hy jou nie vernietig nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Neko het boodskappers gestuur na Josia toe en hulle het vir Josia gesê: “Koning van Juda, ons moenie oorlog maak teen mekaar nie. Ek kom nie vandag om jóú aan te val nie, ek kom om my vyande aan te val. God het gesê ek moet dit gou doen. Jy moenie iets doen teen God wat my stuur nie, Hy sal jou laat sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Neko het boodskappers met die volgende boodskap aan Josia gestuur: “Hou jou neus uit my sake uit, koning van Juda! Ek is nie hier om vandag teen jou oorlog te maak nie. Ek baklei teen ’n ander koninkryk. God het my beveel om vinnig te beweeg. Moenie inmeng met my planne nie, want God is saam met my. Hy sal jou vernietig.”