2 Chronicles 35:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ná dit alles, toe Josia die tempel gereed gemaak het, het Nego, die koning van Egipte, opgetrek om teen Karkemis by die Eufraat te veg; en Josia het teen hom uitgetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Josia die tempel herstel het, het koning Neko van Egipte met sy leër uit Egipte opgetrek om by Karkemis aan die Eufraatrivier te veg. Josia het met sy leër teen hom opgetrek.
Afrikaans 1933/1953 Ndit alles, toe Jos¡a die huis herstel het, het Nego, die koning van Egipte, opgetrek om te veg by K rkemis aan die Eufraat, en Jos¡a het uitgetrek hom tegemoet.
Afrikaans 1983 Alles wat Josia aan die tempel laat doen het, was afgehandel. Toe het koning Neko van Egipte opgetrek om in Karkemis, aan die Eufraat, te gaan oorlog maak. Josia het teen hom opgetrek,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná al hierdie gebeure waartydens Josia die tempel herstel het, het Nego, koning van Egipte, opgetrek om by Karkemis aan die Eufraat oorlog te maak. Josia het uitgetrek om teen hom te staan te kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ná al hierdie dinge, toe Josia die tempel klaar reggemaak het, het koning Neko van Egipte gegaan om oorlog te maak by die stad Karkemis, by die Eufraat-rivier. Josia het gegaan om hom te stop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josia het al die werk voltooi wat hy aan die tempel wou doen. Daarna het koning Neko van Egipte met sy leër verbygetrek om by Karkemis aan die Eufraatrivier te gaan oorlog maak. Josia het besluit om sy opmars te gaan keer.