2 Chronicles 35:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die priesters in hulle diens aangestel en hulle aangemoedig tot die diens van die huis van die HERE,
Afrikaans (NLV) 2011 Josia het die priesters se pligte aan hulle toegewys en hulle bemoedig in hulle werk in die tempel van die Here.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die priesters hulle dienspligte laat waarneem en hulle versterk vir die diens in die huis van die HERE.
Afrikaans 1983 Die koning het aan die priesters hulle diensbeurte toegewys en hulle moed ingepraat vir die tempeldiens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die priesters vir hulle pligte laat aantree en hulle bemoedig vir die dienswerk in die huis van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josia het die priesters gekies en aangestel en elkeen het sy werk gekry wat hy moes doen. Josia het gesê hulle moet die werk in die tempel goed doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die priesters se take aan hulle toegewys en hulle aangemoedig om hulle plig by die tempel van die Here te doen.