2 Chronicles 35:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was geen pasga soos dié wat in Israel gehou is van die dae van die profeet Samuel af nie; en al die konings van Israel het nie so 'n pasga gehou soos Josía gehou het nie, en die priesters en die Leviete en die hele Juda en Israel wat aanwesig was, en die inwoners van Jerusalem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sedert die tyd van Samuel die profeet was daar nie weer so ’n groot Paasfees in Israel nie. Nie een van die konings van Israel het ooit so ’n Paasfees gevier soos Josia nie. Al die priesters en Leviete, die hele Juda en Israel en al die inwoners van Jerusalem het daaraan deelgeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | So 'n pasga soos die is in Israel nie gehou van die dae van die profeet Samuel af nie, en al die konings van Israel het nie so 'n pasga gehou as wat Jos¡a en die priesters en die Leviete en die hele Juda en Israel wat aanwesig was, en die inwoners van Jerusalem gehou het nie. |
| Afrikaans 1983 | Van die tyd van die profeet Samuel af is daar nie so 'n groot paasfees in Israel gevier nie. Nie een van die konings van Israel het so paasfees gevier soos Josia, die priesters en die Leviete, die hele Juda, die Israeliete wat daar was, en die inwoners van Jerusalem dit gevier het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So 'n Pasga is nie in Israel gevier sedert die tyd van Samuel, die profeet, nie. Van al die konings van Israel het nie een dit gevier soos die Pasga wat Josia, die priesters, die Leviete, die hele Juda en Israel wat daar teenwoordig was, en die inwoners van Jerusalem, gevier het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was 'n groot fees. Van die tyd toe die profeet Samuel gelewe het, het hulle die Paasfees nie só in die land Israel gevier nie! Nie een van die konings van Israel het die Paasfees gevier soos Josia dit gedoen het nie, Josia saam met die priesters en die Leviete en al die mense van Juda en die mense van Israel wat daar was en die mense van Jerusalem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Paasfees soos dié is daar nie sedert die dae van die profeet Samuel in Israel gehou nie. Geen koning van Israel het die paasfees nog ooit so gevier soos dié een waarin Josia die priesters, die Leviete, almal van Juda en Israel én die inwoners van Jerusalem betrek het nie. |