2 Chronicles 35:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Israel wat aanwesig was, het in dié tyd die pasga en die fees van die ongesuurde brode sewe dae lank gehou.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die Israeliete teenwoordig het toe die Paasfees en die Fees van die Ongesuurde Brood sewe dae lank gevier.
Afrikaans 1933/1953 En die kinders van Israel wat aanwesig was, het die pasga gehou in die tyd, en ook die fees van die ongesuurde brode, sewe dae lank.
Afrikaans 1983 Die Israeliete wat daar was, het destyds die paasfees gevier en die sewedaagse fees van die ongesuurde brood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete wat gedurende daardie tyd teenwoordig was, het die Pasga gevier en sewe dae lank die Fees van die Ongesuurde Brood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete wat in Jerusalem was, het die Paasfees en die Fees van die Ongesuurde Brood daardie tyd sewe dae lank gevier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die fees van die ongesuurde brood is ook saam met die paasfees sewe dae lank gevier.