2 Chronicles 35:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom is die hele diens van die HERE op dieselfde dag voorberei om die pasga te vier en om brandoffers op die altaar van die HERE te bring, volgens die bevel van koning Josia. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die viering van die Paasfees van die Here is op dié manier daardie dag voltooi. Al die brandoffers is op die altaar van die Here gebring soos koning Josia beveel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die hele diens van die HERE is toe op die dag gereël -- om die pasga te hou en brandoffers te bring op die altaar van die HERE volgens die gebod van koning Jos¡a. |
| Afrikaans 1983 | So het die diens van die Here daardie dag verloop. Die paasfees is gevier en die brandoffers op die altaar van die Here gebring soos koning Josia beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So is die hele dienswerk van die Here op daardie dag gereël om die Pasga te vier en die brandoffers op die altaar van die Here te verbrand ooreenkomstig die opdrag van die koning, Josia. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal het daardie dag die werk van die Here gedoen. Hulle het die Paasfees gevier en die offers gebring wat hulle op die altaar van die Here moes verbrand, soos koning Josia gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die brandoffers is op die Here se altaar verbrand, volgens die opdrag van koning Josia. |