2 Chronicles 35:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die sangers, die seuns van Asaf, was op hulle plek, volgens die bevel van Dawid en Asaf en Heman en Jedutun, die siener van die koning; en die poortwagters het by elke poort gewag; hulle mag nie van hulle diens afwyk nie; vir hulle broers wat die Leviete vir hulle berei het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die musikante, afstammelinge van Asaf, was op die plekke wat vir hulle toegewys is volgens die voorskrifte van Dawid, Asaf, Heman en Jedutun, die koning se siener. Die poortwagters het die ingange bewaak. Dit was vir hulle nie nodig om hulle poste te verlaat nie, want hulle mede-Leviete het vir hulle kos gebring.
Afrikaans 1933/1953 En die sangers, die seuns van Asaf, was op hulle plek volgens die bevel van Dawid en van Asaf en Heman en Jedutun, die siener van die koning, en die poortwagters by elke poort; hulle het nie nodig gehad om van hulle diens af weg te gaan nie, want hulle broers, die Leviete, het dit vir hulle berei.
Afrikaans 1983 Die sangers van die Asafgroep was op hulle pos volgens die voorskrif van Dawid, en ook Asaf self, Heman en Jedutun, die siener van die koning. Die poortwagte was elkeen by die poort waar hy moes wees. Hulle het nie nodig gehad om hulle poste te verlaat nie, want hulle ampsgenote, die Leviete, het vir hulle gesorg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die sangers, die nageslag van Asaf, was op hulle plek, ooreenkomstig die opdrag van Dawid, Asaf, Heman en Jedoetoen, die siener van die koning. En wat die poortwagte by elke poort betref, dit was nie vir hulle nodig om van diens af te gaan nie, want hulle stamgenote, die Leviete, het vir hulle die Pasga gereedgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van die Asaf-familie wat moes sing, het op hulle plekke gestaan soos Dawid gesê het, ook Asaf en Heman en Jedutun, die siener van die koning. Elke poortwag was by die poort waar hy moes wees. Hulle het nie weggegaan van die plek waar hulle werk nie, hulle kon daar bly, want die ander Leviete het vir hulle vleis gaargemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die sangers van die Asaffamilie was op hulle pos volgens die voorskrifte van Dawid, en Asaf, Heman en Jedutun (hy is die koning se siener) was ook daar. Die poortwagte was elkeen by die poort waar hulle moes wees. Dit was nie vir hulle nodig om hulle poste te verlaat nie, want hulle ampsgenote, die Leviete, het vir hulle gesorg.