2 Chronicles 35:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daarna het hulle vir hulleself en vir die priesters gereedgemaak, omdat die priesters, die seuns van Aäron, tot die nag besig was om brandoffers en vet te bring; daarom het die Leviete vir hulleself gereedgemaak en vir die priesters, die seuns van Aäron.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het die Leviete vir hulleself en die priesters vleis gaargemaak, want die priesters uit die geslag van Aäron moes die hele dag tot die nag toe brandoffers en die vetdele as offerande verbrand. Die Leviete moes dus vir hulleself en die Aäronitiese priesters vleis gaarmaak.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het hulle dit ook vir hulleself berei en vir die priesters; want die priesters, die seuns van Aäron, was tot in die nag besig met die offer van die brandoffer en die vetstukke; daarom het die Leviete dit vir hulleself en vir die priesters, die seuns van Aäron, berei.
Afrikaans 1983 Daarna het die Leviete vir hulleself en die priesters vleis gaargemaak, want die priesters uit die nageslag van Aäron was tot die nag toe besig om die brandoffers en die vetgedeeltes as offers te verbrand. Die Leviete moes dus vir hulleself en vir die Aäronitiese priesters vleis gaarmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het die Leviete vir hulleself en vir die priesters die Pasga gereedgemaak. Omdat die priesters, die nageslag van Aäron, tot in die nag betrokke was by die verbranding van die brandoffers en vetstukke, het die Leviete vir hulleself en vir die priesters, die nageslag van Aäron, die Pasga gereedgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het die Leviete vir hulleself en vir die priesters vleis gaargemaak, want die priesters was tot laat in die nag besig om die brand-offers en die vet van die ander offers te offer. Daarom moes die Leviete vleis gaarmaak vir hulleself en vir die priesters.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe dit klaar was, het die Leviete ook vir hulleself en vir die priesters kos gemaak. Dit was nodig omdat die priesters uit die Aäronfamilie tot laat in die nag nog besig was om die brandoffers en die vetstukke wat geoffer moes word, te verbrand. Dit is hoekom die Leviete vir hulleself en vir die Aäronitiese priesters die paasete voorberei het.