2 Chronicles 35:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die brandoffers verwyder om te gee volgens die afdelings van die geslagte van die volk, om aan die HERE te offer, soos geskrywe is in die boek van Moses. En so het hulle met die osse gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die brandoffers eenkant gehou om aan die familiegroepe uit te deel sodat hulle dit aan die Here kon offer volgens die voorskrifte in die Boek van Moses. So het hulle ook met die beeste gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het wat vir die brandoffer bestem was, afgesonder om dit aan die familie-afdelings van die mense van die volk te gee om aan die HERE te offer, soos geskrywe is in die boek van Moses; en net so met die beeste. |
| Afrikaans 1983 | Die brandoffers is eenkant gehou om aan die familiegroepe uit die volk te gee sodat hulle dit kon offer aan die Here soos die boek van Moses dit voorskryf. Dit is ook met die beeste gedoen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het dit wat as brandoffer moes dien, eenkant gesit om dit aan kleiner groepe in die families van die gewone mense te gee, sodat dit vir die Here aangebied kon word, soos geskryf staan in die •boekrol van Moses. Met die beeste het hulle net so gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die dele van die skape wat hulle moes verbrand, apart gesit om dit uit te deel vir die familie-groepe van die volk. Die familie-groepe kon dit dan vir die Here offer soos geskryf is in die Boek van Moses. Hulle het dieselfde gedoen met die beeste. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die deel wat verbrand moes word, eenkant gesit om dit vir die gewone mense volgens hulle familiegroepe te gee. Hulle kon dit dan weer op die voorgeskrewe manier offer, soos die Here deur Moses beveel het. Hulle het dieselfde met die beeste gedoen. |