2 Chronicles 35:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die pasga geslag, en die priesters het die bloed uit hulle hande gesprinkel, en die Leviete het hulle afgesmeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Leviete het toe die paaslammers geslag, die bloed aan die priesters gegee, en hulle het die bloed op die altaar gesprinkel terwyl die Leviete die diere voorberei het.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het hulle die pasga geslag, en die priesters het die bloed uit die Leviete se hand geneem en dit uitgegooi, onderwyl die Leviete besig was om af te slag.
Afrikaans 1983 is die paaslam geslag. Die priesters het die bloed gesprinkel wat vir hulle gegee is, en die Leviete het geslag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hulle het die pasgalammers geslag. Terwyl die Leviete slag, het die priesters die bloed wat hulle aangee, gesprinkel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het hulle die paas-lammers begin slag. Die Leviete het die diere se velle afgeslag en hulle het die bloed vir die priesters gegee. Die priesters het die bloed gesprinkel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Leviete het die paaslammers geslag. Hulle het die bloed vir die priesters gegee, wat dit teen die altaar uitgegooi het, terwyl die Leviete die lammers afgeslag en voorberei het.