2 Chronicles 35:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die diens is voorberei, en die priesters het op hulle plek gaan staan, en die Leviete in hulle afdelings, volgens die bevel van die koning.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe alles gereed was vir die Paasfees, het die priesters en Leviete hulle plekke ingeneem. Hulle is ingedeel volgens hulle afdelings soos die koning beveel het.
Afrikaans 1933/1953 Die diens is toe gereël: die priesters het op hul plek gaan staan, en die Leviete volgens hulle afdelings, volgens die bevel van die koning.
Afrikaans 1983 Toe die diens gereël is, die priesters op hulle plekke staan en die Leviete in hulle afdelings soos die koning beveel het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die dienswerk is toe gereël: Die priesters het op hulle plekke gaan staan. Die Leviete was in hulle afdelings, volgens die opdrag van die koning,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle gereed was om die werk te doen, het die priesters op hulle plekke gaan staan, en die Leviete het in hulle groepe gaan staan. Hulle het gedoen soos die koning gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alles was gereed vir die viering van die paasfees. Die priesters het op hulle plekke gestaan en die Leviete het in hulle afdelings aangetree soos die koning beveel het.