2 Chronicles 34:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle by die hoëpriester Hilkía kom, het hulle die geld afgelewer wat in die huis van God ingebring is, wat die Leviete wat die deurwagters bewaak het, ingesamel het uit die hand van Manasse en Efraim en van die hele oorblyfsel van Israel en van die hele Juda en Benjamin; en hulle het na Jerusalem teruggekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die geld wat die Levitiese poortwagters vir die tempel van God ingesamel het, aan Gilkija, die hoëpriester, gegee. Die gawes vir die tempel het gekom uit Manasse, Efraim, die hele oorblyfsel van Israel, asook uit Juda en Benjamin en die inwoners van Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953 Toe hulle by die hoëpriester Hilk¡a kom, het hulle die geld afgegee wat in die huis van God gebring was, wat die Leviete, die drumpelwagters, versamel het uit Manasse en Efraim en uit die hele oorblyfsel van Israel en uit die hele Juda en Benjamin en die inwoners van Jerusalem.
Afrikaans 1983 Hulle het die geld wat deur die Levitiese drumpelwagte vir die tempel ingesamel is in Manasse en Efraim en oral in Israel, Juda en Benjamin en by die inwoners van Jerusalem, aan die hoëpriester Gilkija gaan oorhandig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het by Gilkija, die hoëpriester, gekom en die geld afgegee wat in die huis van God ingebring is – die geld wat die Leviete, die deurwagters, ingesamel het by Manasse en Efraim, by die hele res van Israel, die hele Juda en Benjamin en by die inwoners van Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het vir die hoëpriester Gilkija die geld gaan gee wat die Leviete bymekaargemaak het. Die Leviete het waggestaan by die deur van die tempel en hulle het die geld gekry van die mense van Manasse en Efraim en die ander stamme van Israel, en ook van die mense van die hele land Juda en Benjamin en van die mense van Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die geld wat die mense as bydraes na die tempel gebring het, vir die hoëpriester Gilkija gaan gee. Dit was geld wat die Leviete as deurwagte bymekaargemaak het. Hulle het dit uit Manasse, Efraim en die res wat van Israel oorgebly het, gekry. Dit is ook van die mense van Juda, Benjamin en Jerusalem gekry.