2 Chronicles 34:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die agtiende jaar van sy regering, nadat hy die land en die huis gereinig het, het hy Safan, die seun van Asalja, en Maäséja, die goewerneur van die stad, en Joag, die seun van Joahas, die kanselier, gestuur om die huis van die HERE sy God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die agtiende jaar van sy regering, nadat hy die land en die tempel gereinig het, het Josia vir Safan, seun van Asalja, Maäseja, die goewerneur van Jerusalem, en Joag seun van Joahas die koninklike geskiedskrywer, gestuur om die tempel van die Here sy God te herstel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die agttiende jaar van sy regering, toe hy besig was om die land en die tempel te reinig, het hy Safan, die seun van As lja, en Maäs,ja, die owerste van die stad, en Joag, die seun van Joahas, die kanselier, gestuur om die huis van die HERE sy God te herstel. |
| Afrikaans 1983 | In die agtiende jaar van sy regering, toe hy nog besig was om die land en die tempel skoon te maak, het Josia vir Safan seun van Asalja, die stadsbevelvoerder Maäseja en die hoof uitvoerende beampte Joag seun van Joahas gestuur om die huis van die Here sy God te herstel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die agttiende jaar van sy regering het hy, terwyl hy besig was om die land en die •tempel te reinig, vir Safan, seun van Asalja, vir Maäseja, die stadsbestuurder, en vir Joag, seun van Joahas, die herout, gestuur om die huis van die Here sy God te herstel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die agtiende jaar nadat Josia koning geword het, en nadat hy die land en die tempel skoongemaak het, het hy vir Safan seun van Asalja, en vir Maäseja die burgemeester, en vir Joag seun van Joahas, gestuur om die tempel van sy God die Here reg te maak. Joag was die hoof van die amptenare. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Josia se agtiende regeringsjaar, terwyl hy besig was om die land en die tempel skoon te maak van al wat ’n afgodsbeeld is, het hy vir Safan, Asalja se seun, Maäseja, die stadsbevelvoerder, en Joag, Joahas se seun en die staatsekretaris, na die tempel van die Here sy God gestuur om dit reg te maak. |