2 Chronicles 34:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat hy die altare en die heilige boomstamme afgebreek het en die gesnede beelde tot poeier geslaan en al die afgode in die hele land van Israel afgekap het, het hy na Jerusalem teruggekeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het heidense altare en die Asjerapilare vernietig en die afgodsbeelde tot stof fyngemaal. Hy het die wierookaltare dwarsdeur die land van Israel afgebreek en toe na Jerusalem teruggekeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | het hy die altare omgegooi, en die heilige boomstamme en gesnede beelde het hy tot stof vergruis en al die sonpilare in die hele land van Israel het hy omgekap. Daarna het hy na Jerusalem teruggekom. |
| Afrikaans 1983 | Hy het dwarsoor die gebied van Israel altare afgebreek, gewyde pale en beelde in stukkies gekap en al die wierookaltare stukkend gebreek. Daarna is hy terug Jerusalem toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die altare en die asjeras afgebreek, en die afgodsbeelde het hy verbrysel deur dit fyn te stamp. Die wierookaltare het hy in die hele gebied van Israel fyngekap. Toe het hy teruggekeer na Jerusalem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesê hulle moet al die altare afbreek, die gewyde pale en die beelde fynkap, en hulle moet die wierook-altare stukkend breek. Hy het dit gedoen in die hele land Israel en toe het hy teruggegaan na Jerusalem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hy die altare en die Asjerapale verwoes, die houtbeelde fyngekap en die wierookaltare in stukke gebreek. Hy het dit in die hele gebied van Israel gedoen. Daarna het hy teruggegaan Jerusalem toe. |