2 Chronicles 34:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die altare van die Baäls voor sy aangesig afgebreek; en die beelde wat daar bo-op was, het hy afgekap; en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde het hy stukkend gebreek en stof daarvan gemaak en dit op die grafte van die wat aan hulle geoffer het, gestrooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het toegesien dat die altare vir die Baälbeelde afgebreek en hulle wierookaltare vernietig word. Hy het ook die Asjerapale, en die gesnede en die gegote beelde stukkend geslaan en fyngemaal. Dit is oor die grafte gestrooi van dié wat hulle aanbid het.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het voor sy oë die altare van die Baäls omgegooi; en die sonpilare wat daar bo-op was, het hy stukkend gekap en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde verbreek en vermaal en dit oor die grafte gestrooi van die wat aan hulle geoffer het.
Afrikaans 1983 Hy het persoonlik toegesien dat die altare van die Baäls verwoes word en het die wierookaltare wat bokant die Baälsaltare gestaan het, laat stukkend slaan. Die gewyde pale en die gesnede en gegote beelde het hy stukkend gebreek, fyngemaal en oor die grafte van dié wat vir hulle offerandes gebring het, gestrooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het onder sy toesig die altare van die Baäls afgebreek en ook die wierookaltare daarop afgekap. Hy het die asjeras en die gesnede en gegote beelde stukkend gebreek, dit fyngestamp en oor die grafte gestrooi van dié wat vir hulle offers geslag het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê hulle moet die altare van die Baäls afbreek. Hy het ook die wierook-altare wat bo die altare was, stukkend laat slaan. Hy het die gewyde pale en die beelde van hout en van metaal stukkend laat breek en hy het dit in klein stukkies laat fynstamp. Toe het hy die stukkies laat gooi op die grafte van die mense wat vir die Baäls ge-offer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het seker gemaak dat die altare vir die Baäls afgebreek word en dat die wierookaltare wat bo-op hierdie altare was, stukkend gebreek word. Hy het die pale ter ere van die afgod Asjera en die hout- en metaalbeelde gebreek, tot poeier fyngemaak en dit oor die priesters, wat daar geoffer het, se grafte gegooi.