2 Chronicles 34:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josia het al die gruwels uit al die lande wat aan die kinders van Israel behoort het, weggeneem en almal wat in Israel teenwoordig was, laat dien om die HERE hulle God te dien. En al sy dae het hulle nie afgewyk om die HERE, die God van hulle vaders, te volg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Josia al die afskuwelike afgode uit die hele land van Israel verwyder en elkeen wat daar in Jerusalem byeen was, verplig om die Here hulle God te dien. Gedurende die res van sy lewe het hulle nie afgewyk van die eise van die Here die God van hulle voorouers nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jos¡a het toe al die gruwels uit al die landstreke van die kinders van Israel verwyder en almal wat in Israel te vinde was, diensbaar gemaak, om die HERE hulle God te dien; al sy dae het hulle nie van die HERE, die God van hulle vaders, afgewyk nie. |
| Afrikaans 1983 | Josia het alles wat vir God afskuwelik is, verwyder uit die hele Israelitiese gebied en almal in Israel verplig om die Here hulle God te dien. So lank hy geleef het, het hulle nie weggedraai van die Here, die God van hulle voorvaders, af nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josia het al die afstootlike dinge verwyder uit al die gebiede wat aan die Israeliete behoort het. Hy het almal wat hulle in Israel bevind het, daartoe oorgehaal om die Here hulle God te dien. Solank hy geleef het, het hulle nie van die Here, die God van hulle voorouers, afgewyk nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josia het al die goed wat die Here haat, laat wegvat uit die Israeliete se woonplekke. Hy het gesê almal in die land Israel moet hulle God die Here dien. Hulle het nie opgehou om die Here, die God van hulle voorvaders, te volg nie, so lank soos Josia gelewe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josia het daarna al die goed wat vir die Here aanstootlik was uit Israel laat wegneem. Hy het elke Israeliet verplig om die Here hulle God te dien. Vir die res van sy lewe het hulle nie weer weggedwaal van God, die Here, nie. |