2 Chronicles 34:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het almal wat in Jerusalem en Benjamin aanwesig was, daar laat staan. En die inwoners van Jerusalem het gehandel volgens die verbond van God, die God van hulle vaders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het geëis dat elkeen in Jerusalem en Benjamin hulle ook daartoe verbind. Die inwoners van Jerusalem het so gedoen deur hulle verbond met God, die God van hulle voorouers, te hernu. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het almal wat in Jerusalem en in Benjamin te vinde was, laat toetree tot die verbond; en die inwoners van Jerusalem het gehandel volgens die verbond van God, die God van hulle vaders. |
| Afrikaans 1983 | Hy het almal wat in Jerusalem en Benjamin was, in die verbond ingesluit. Die inwoners van Jerusalem het gedoen wat die verbond van God, die God van hulle voorvaders, vereis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het almal wat hulle in Jerusalem en Benjamin bevind het, laat toetree tot die verbond. Die inwoners van Jerusalem het in ooreenstemming met die verbond van God, die God van hulle voorouers, opgetree. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het gesê elke persoon in Jerusalem en in die Benjamin-stam moet belowe dat hy dit ook sal doen, en die mense van Jerusalem het gedoen soos die verbond van God, die God van hulle voorvaders, sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook van al die mense van Juda en Jerusalem verwag om hulle aan die ooreenkoms te hou. Die hele volk het hulle aan hierdie ooreenkoms verbind. |