2 Chronicles 34:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning het op sy plek gaan staan en 'n verbond gesluit voor die aangesig van die HERE om agter die HERE aan te wandel en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met sy hele hart en met sy hele siel te onderhou om die woorde van die verbond wat in hierdie boek geskryf is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het by die pilaar, sy plek van gesag, gaan staan en die verbond in die teenwoordigheid van die Here hernu. Hy het ’n verbond met die Here gesluit en onderneem om sy opdragte, eise en voorskrifte met hart en siel te gehoorsaam deur die bepalings van die verbond na te kom soos dit in die boekrol geskryf is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning het op sy plek gaan staan en die verbond voor die aangesig van die HERE gesluit om die HERE te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met sy hele hart en met sy hele siel te onderhou, om die woorde van die verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te volbring. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die koning op sy plek gaan staan en 'n verbond met die Here gesluit en beloof om die Here te volg en sy gebooie, verordeninge en voorskrifte met sy hele hart en siel te gehoorsaam en om die bepalings van die verbond soos dit in hierdie boek vasgelê is, na te kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het op sy staanplek gaan staan en voor die Here die verbond gesluit. Hy het onderneem om die Here te volg, om sy gebooie, sy bepalings en sy vaste voorskrifte met sy hele hart en sy hele wese na te kom deur die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boekrol geskryf is, uit te voer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het op sy plek gestaan en hy het 'n verbond gemaak voor die Here. Hy het belowe om die Here te volg en om gehoorsaam te wees aan alles wat die Here in sy wette gesê het. Hy het belowe om met sy hele hart en siel te doen wat die verbond sê wat in hierdie boek geskryf is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josia het toe op die koning se ereplek gaan staan en met die Here ’n ooreenkoms gesluit. Hy het belowe om met volle oorgawe alles te doen wat die Here in die wetboek vra. |