2 Chronicles 34:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het opgegaan in die huis van die HERE en al die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem en die priesters en die Leviete en die hele volk, groot en klein, en hy het voor hulle ore gelees al die woorde van die boek van die verbond wat in die huis van die HERE gevind is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het opgegaan na die tempel van die Here saam met al die inwoners van Juda en Jerusalem, die priesters en die Leviete, al die mense, groot en klein. Daar het die koning vir hulle die hele boek van die verbond voorgelees wat in die Here se tempel gekry is.
Afrikaans 1933/1953 En die koning het opgegaan in die huis van die HERE en al die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem en die priesters en die Leviete en die hele volk, groot en klein, en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die HERE gevind is, voor hulle ore gelees.
Afrikaans 1983 Daarna is die koning na die huis van die Here toe met al die mense van Juda by hom en ook die inwoners van Jerusalem, die priesters en die Leviete, al die mense, groot en klein. Daar het hy alles aan hulle voorgelees wat in die boek van die verbond gestaan het wat in die huis van die Here gevind is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het toe opgegaan na die huis van die Here, en so ook al die manne van Juda, die inwoners van Jerusalem, die priesters en die Leviete en die hele volk, van groot tot klein. Ten aanhore van hulle almal het hy al die woorde van die •boekrol met die verbond wat in die huis van die Here gevind is, voorgelees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het na die tempel gegaan. Al die mense van Juda en Jerusalem het saamgegaan, die priesters en die Leviete en al die ander mense, die grootmense en kinders. En toe het hy vir hulle hard gelees wat in die verbondsboek geskryf is, die boek wat hulle in die tempel gekry het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy en al die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem, die priesters en die Leviete, die belangrikes en die onbelangrikes, het na die tempel toe gegaan. Daar het hy vir hulle die hele wetboek voorgelees wat in die tempel van die Here gekry is.