2 Chronicles 34:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want in die agtste jaar van sy regering, toe hy nog jonk was, het hy die God van sy vader Dawid begin soek; en in die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te reinig van die hoogtes en die heilige boomstamme en gesnede beelde en die gegote beelde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gedurende die agtste jaar van sy regering, toe hy nog jonk was, het Josia begin om die God van sy voorvader Dawid te dien. In sy twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te reinig deur al die heidense heiligdomme, die Asjerapale en die gesnede en gegote beelde te vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die agtste jaar van sy regering, terwyl hy nog jonk was, het hy begin om die God van sy vader Dawid te soek, en in die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te reinig van die hoogtes en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde. |
| Afrikaans 1983 | In die agste jaar van sy regering, toe hy nog 'n jong man was, het hy begin om die God van sy voorvader Dawid te dien, en in die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te suiwer van hoogtes, gewyde pale, gesnede en gegote beelde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die agtste jaar van sy regering, toe hy nog jonk was, het hy begin om die God van sy voorvader Dawid te raadpleeg. In die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te reinig van die offerhoogtes, die asjeras en die gesnede en gegote beelde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die agste jaar nadat Josia koning geword het, het hy begin om die God van sy voorvader Dawid te dien. Josia was toe nog 'n jongman. In die twaalfde jaar nadat hy koning geword het, het hy begin om Juda en Jerusalem skoon te maak, hy het die offer-plekke, gewyde pale, beelde van hout en beelde van metaal afgebreek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Josia se agtste regeringsjaar, toe hy nog maar jonk was, het hy begin doen wat die God van sy voorvader Dawid graag wou hê. Toe hy twaalf jaar lank koning was, het hy Juda en Jerusalem begin skoonmaak van die heidene se heilige plekke, die Asjerapale en die hout- en metaalbeelde wat ter ere van ander gode opgerig is. |