2 Chronicles 34:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal in vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal nie al die onheil sien wat Ek oor hierdie plek en oor die inwoners daarvan sal bring nie. Daarom het hulle weer die koning se woord gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal nie die beloofde onheil oor hierdie stad en sy inwoners stuur voor jy gesterf het en in vrede begrawe is nie. Jy sal nie die rampe sien wat Ek oor hierdie plek gaan bring nie.’” Hulle het hierdie boodskap aan die koning gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal jou in vrede laat sterwe en in jou graf laat ingaan; jy sal niks van al die onheil wat Ek oor hierdie plek en sy inwoners bring, self beleef nie.” Die afvaardiging het so aan die koning gerapporteer, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Kyk, Ek gaan jou met jou voorouers verenig; jy sal in vrede in jou graf met hulle verenig word, en jou oë sal nie al die onheil sien wat Ek oor hierdie plek en sy inwoners gaan bring nie.’ ” Hulle het toe aan die koning verslag gedoen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal dit goed gaan met jou totdat Ek jou laat sterf en jy begrawe is. Jy sal nie self sien wanneer Ek dit sleg laat gaan met hierdie plek nie.” Gilkija en die ander mans het vir die koning gaan sê wat die profeet gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal Ek sorg dat die oordeel jou nie tref nie. Jy sal gewoonweg sterf en in vrede begrawe word, sonder om die oordeel oor Jerusalem te beleef.’” Gilkija-hulle het die boodskap vir Josia gebring. |