2 Chronicles 34:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat die koning van Juda betref, wat julle gestuur het om die HERE te raadpleeg, so moet julle vir hom sê: So spreek die HERE, die God van Israel, oor die woorde wat jy gehoor het;
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar gaan na die koning van Juda wat julle gestuur het om die Here te raadpleeg en sê vir hom: ‘Dit is wat die Here, die God van Israel, sê oor die boodskap wat julle ontvang het.
Afrikaans 1933/1953 Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle so sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het --
Afrikaans 1983 [26-27] Maar sê vir die koning van Juda wat vir julle gestuur het om die Here te raadpleeg: So sê die Here die God van Israel: Ek het daarop ag geslaan dat jy in jou hart geraak is deur die woorde wat jy gehoor het en dat jy berou getoon het voor God toe jy hoor wat Hy sê oor hierdie plek en sy inwoners, en dat jy jou klere geskeur het en gehuil het en voor My berou getoon het, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En vir die koning van Juda wat julle gestuur het om die Here te raadpleeg, vir hom moet julle so sê, ‘So sê die Here, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [26-27] Die koning van Juda het vir julle gestuur om te vra wat die Here sê. Julle moet vir die koning gaan sê: Ek, die Here, het gesien dat jy jou voor My verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek gesê het. Ek het gesien dat jy jou klere geskeur het en Ek het gehoor hoe jy huil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy het egter ook gesê: “Hier is ook ’n persoonlike boodskap van die Here af vir Josia. Die Here sê vir hom: