2 Chronicles 34:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het, om My te terg met al die werke van hulle hande; daarom sal my toorn oor hierdie plek uitgestort word en nie uitgeblus word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Want hulle het My verlaat en heidense gode aanbid sodat hulle My baie kwaad gemaak het vir hulle oor alles wat hulle gedoen het. My toorn sal uitgestort word oor hierdie plek, en niks sal My stuit nie.’
Afrikaans 1933/1953 Omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My te terg met al die werke van hulle hande, daarom sal my grimmigheid oor hierdie plek uitgestort en nie uitgeblus word nie.
Afrikaans 1983 want hulle het My verlaat. Hulle het offerandes gebring vir ander gode en My uitgetart met allerhande maaksels van hulle eie hande. My toorn word op hierdie plek uitgestort, die vlam van my toorn sal nie geblus word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat hulle My verlaat en vir ander gode offers verbrand het, sodat hulle My uitgetart het met al hulle handewerk, sal my woede oor hierdie plek uitgestort word, en dit sal nie geblus word nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal dit doen omdat hulle weggegaan het van My, hulle het ander gode gedien. Ek het kwaad geword oor al die dinge wat hulle gedoen het. Ek sal hierdie plek straf en Ek sal nie ophou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het opgehou om My te eer en ander goed begin dien wat glad nie gode is nie. Ek is baie kwaad daaroor. My woede is soos ’n vuur wat nie meer geblus kan word nie.’”