2 Chronicles 34:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Kyk, Ek bring onheil oor hierdie plek en oor die inwoners daarvan, al die vloeke wat geskrywe is in die boek wat hulle voor die koning van Juda gelees het.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Dit is wat die Here sê: Ek sal onheil oor hierdie stad en sy inwoners bring. Al die vervloekings waarvan geskryf is in die boekrol wat aan die koning van Juda voorgelees is, sal plaasvind soos daar geskryf staan.
Afrikaans 1933/1953 so spreek die HERE: Kyk, Ek bring 'n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die vervloekinge wat geskrywe staan in die boek wat hulle aan die koning van Juda voorgelees het.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Ek bring onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, die volle straf soos dit opgeteken staan in die boek wat aan die koning van Juda voorgelees is,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) so sê die Here: Kyk, Ek gaan onheil bring oor hierdie plek en sy inwoners – al die vervloekings wat geskryf staan in hierdie boekrol waaruit hulle vir die koning van Juda voorgelees het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: Ek sal dit sleg laat gaan met hierdie plek en met die mense wat hier woon. Ek sal alles laat gebeur wat geskryf is in die boek wat hulle vir die koning van Juda gelees het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan sê vir hom die Here, die God van Israel, sê: ‘Ek gaan Jerusalem en sy mense vernietig, net soos dit in die boek staan wat julle gelees het.