2 Chronicles 34:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hilkía en die wat die koning aangestel het, het na Hulda, die profetes, gegaan, die vrou van Sallum, die seun van Tikwat, die seun van Hasra, die klerebewaarder; (nou het sy in Jerusalem in die kollege gewoon:) en hulle het met haar daaroor gepraat.
Afrikaans (NLV) 2011 Gilkija en die mans wat die koning aangewys het, het na die profetes Gulda gegaan wat in die nuwe deel van Jerusalem gewoon het. Sy was die vrou van Sallum seun van Tikwa, seun van Gasra, die klerebewaarder.
Afrikaans 1933/1953 Toe gaan Hilk¡a en die wat die koning gestuur het, na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tokhat, die seun van Hasra, die klerebewaarder -- sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon -- en hulle het so met haar gespreek.
Afrikaans 1983 Gilkija en die manne van die koning is toe na die profetes Gulda toe. Sy was die vrou van die klerebewaarder Sallum seun van Tikwa, seun van Gasra, en het in die nuwe deel van Jerusalem gewoon. Hulle het haar vertel waarom hulle gekom het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gilkija en dié vir wie die koning opdrag gegee het, gaan toe na Gulda die profetes, die vrou van Sallum, seun van Tokhat, seun van Gasra, die toesighouer oor die priesterklere. Sy het in Jerusalem, in die nuwe stadsdeel, gebly. Toe hulle volgens hulle opdrag met haar gepraat het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gilkija en die ander manne wat saam met hom gegaan het, het na die profeet Gulda toe gegaan en hulle het vir haar gesê wat die koning gesê het. Gulda was getroud met Sallum seun van Tokhat seun van Gargas. Gulda se man het die klere in die klerekamer van die paleis opgepas en hulle het gewoon in die nuwe deel van Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is toe na die profetes Gulda toe, wat in die nuwe deel van Jerusalem gewoon het. Haar man was Sallum, wat verantwoordelik was vir die klerestoor by die tempel. Gilkija-hulle het haar vertel hoekom hulle daar was.