2 Chronicles 34:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die wat in Israel en Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind word; want groot is die toorn van die HERE wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders nie die woord van die HERE bewaar het om te doen volgens alles wat in hierdie boek geskrywe is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gaan na die tempel toe en praat met die Here namens my en namens die hele oorblyfsel van Israel en Juda. Raadpleeg Hom oor die inhoud van die boekrol wat gekry is. Die Here se toorn is uitgestort oor ons omdat ons voorouers nie gehoorsaam was aan die woord van die Here nie. Ons het nie gedoen soos wat in hierdie rol geskrywe is nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind is; want groot is die grimmigheid van die HERE wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van die HERE nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie. |
| Afrikaans 1983 | “Gaan raadpleeg die Here namens my en namens almal wat nog oor is van Israel en Juda. Raadpleeg Hom oor die inhoud van die boek wat gekry is. Ons voorvaders was ongehoorsaam aan die woord van die Here en het nie gehandel in ooreenstemming met alles wat in hierdie boek staan nie. Daarom is die toorn van die Here wat op ons uitgestort gaan word, groot.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Gaan raadpleeg die Here namens my en dié wat in Israel en Juda oorgebly het, oor die woorde van die boekrol wat gevind is, want die Here se woede wat oor ons uitgestort is, is groot, omdat ons voorouers die woord van die Here nie nagekom het, deur nie ooreenkomstig alles wat in hierdie boekrol geskryf is, op te tree nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet vir die Here gaan vra om vir my en vir almal wat nog lewe in Israel en Juda, te sê wat sal gebeur. Vra vir die Here oor die dinge wat geskryf is in die boek wat ons gekry het. Ek dink die Here is baie kwaad vir ons omdat ons voorvaders nie alles gedoen het wat Hy in hierdie boek gesê het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gaan praat namens my en die hele volk met die Here oor wat in hierdie boek staan. Ons voorouers het hulle nie gesteur aan die boek se inhoud nie. Die Here moet baie kwaad wees vir ons omdat ons nie gedoen het wat in die boek staan nie.” |