2 Chronicles 34:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, en in die weë van sy vader Dawid gewandel en nie na regs of links afgewyk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gedoen wat reg was vir die Here en die voorbeeld van sy voorvader Dawid gevolg en nie links of regs daarvan afgewyk nie.
Afrikaans 1933/1953 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE en gewandel in die weë van sy vader Dawid en nie regs of links afgewyk nie.
Afrikaans 1983 Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het die paaie van sy voorvader Dawid gevolg en nie links of regs daarvan afgewyk nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josia het dinge gedoen waarvan die Here hou. Hy het gelewe presies soos sy voorvader Dawid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josia se optrede het die Here baie tevrede gestel. Hy het soos sy voorvader Dawid regeer, sy hele lewe lank.