2 Chronicles 34:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Safan, die skrywer, dit aan die koning vertel en gesê: Die priester Hilkía het vir my 'n boek gegee. En Safan het dit voor die koning gelees.
Afrikaans (NLV) 2011 Safan die staatsekretaris het bygevoeg: “Gilkija die priester het vir my ’n boekrol gegee.” Hy het dit toe vir die koning voorgelees.
Afrikaans 1933/1953 Toe gee die skrywer Safan aan die koning te kenne en sê: Die priester Hilk¡a het aan my 'n boek gegee; en Safan het aan die koning daaruit voorgelees.
Afrikaans 1983 Die staatsekretaris Safan het ook aan die koning die mededeling gedoen: “Die priester Gilkija het my 'n boek gegee,” en Safan het vir die koning gelees wat daarin staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe lig Safan, die sekretaris, die koning in: “Gilkija, die priester, het 'n boekrol vir my gegee.” Safan lees toe daaruit vir die koning voor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die sekretaris Safan het vir die koning vertel dat die priester Gilkija vir hom 'n boek gegee het en hy het vir die koning gelees wat daarin geskryf is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar daar is nog iets, U Majesteit. Die priester Gilkija het dié boekrol daar gevind en vir my gegee.” Safan het dit toe vir Josia voorgelees.